Mooiste Jy Mark Kaartjie [x1]
Mooiste Jy Mark is ’n elegante vroue-oggend geskep vir die moderne Afrikaanse vrou.
Met eerlike gesprekke oor welstand, leefstyl, vrouwees, mode en skoonheid, wil ons ’n veilige en pragtige atmosfeer skep waar vroue nie net mooi lyk nie, maar ook mooi voel. Die oggend bestaan uit inspirerende praatjies deur plaaslike besigheidsvroue, gevolg deur ’n stylvolle markervaring met uitgesoekte handelaars, handelsname en klein besighede.
Algemene Inligting
Mooiste Jy Mark vind plaas op 20 Junie 2026 by Eikenhof Estate, Stellenbosch Farms. Deur deel te neem aan hierdie geleentheid as ’n spreker, handelaar, borg of gas, stem jy in tot die onderstaande bepalings en voorwaardes:
Geen terugbetalings sal gemaak word vir kansellasies van kaartjie/s nie.
• Gaste, handelaars, borge en sprekers stem in dat foto’s en videos geneem mag word vir promosionele en sosiale media gebruik.
• Alle inhoud van die geleentheid bly die eiendom van Mooiste Jy Mark tensy anders ooreengekom.
• Mooiste Jy Mark, Eikenhof Estate en enige betrokkenes sal nie aanspreeklik gehou word vir verlies, skade, beserings of diefstal tydens die geleentheid nie.
• Almal woon die geleentheid op eie risiko by.
• Mooiste Jy Mark behou die reg voor om die program, plek, handelaars, sprekers of geleentheid details te verander indien nodig.
Vir enige vrae of verdere inligting, kontak asseblief vir Loné Strauss direk by lonestrauss@gmail.com✨